Welkom by Hoërskool Standerton Webwerf
Boodskap van die Hoof
Geagte Ouers/Voogde
Ons Webblad gee vir u en u kind 'n saaklike beeld van aktiwiteite by Hoërskool Standerton. Ons streef daarna om aan elke kind die geleentheid te
bied om sy/haar Godgegewe talente te ontwikkel en uit te leef.
Dit is verder vir ons belangrik dat daar gestreef sal word na 'n balans tussen akademiese, liggaamlike,
kulturele en sosiale ontplooiing van elke kind.
Ons verwelkom u by voorbaat by Hoërskool Standerton in die hoop dat ons jare van hartlike samewerking sal beleef. Neem asseblief die vrymoedigheid om enige vraag wat nie op die
webblad beantwoord word nie met ons te bespreek.
SHS Groete
H.S. PRETORIUS
HOOF